Gedagte vir die dag: Hemel en aarde; God en mens

reënboog.jpg

Foto: credomag.com

“En dit is hoe julle Hom sal herken: Julle sal ’n Kindjie vind wat in ’n krip lê en in doeke toegedraai is!” Skielik was daar saam met die engel ’n groot menigte ander engele, ’n leërskare uit die hemel, wat God prys: “Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir almal in wie Hy ’n welbehae het.” (Lukas 2:12-14)

Jaar ná jaar word die Kersverhaal deur kindergroepies opgevoer. Ons hou partytjies en deel geskenke uit en versier ons huise en strate met veelkleurige liggies. Tog verstaan ons so min van wat daardie nag gebeur het.

Ons verstaan nie dat die hemel letterlik aarde toe gekom het nie. Ons hoor nie goed genoeg wat die engele sing nie: “Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy ʼn welbehae het” (Lukas 2:14, Bybel in Afrikaans 1983/1992).

Die God van die hemel word mens op aarde vir die mense vir wie Hy liefhet. ʼn Kind word in ʼn losieshuis se agterplaas tussen plaasdiere gebore, eenvoudiger en minder eervol kon dit nie wees nie. Die grote en almagtige God word mens vir mense. Hy trek vir Hom die broosheid en afhanklikheid van ʼn mensekind aan. Hy stel Hom in die gestalte van ʼn mens bloot aan ʼn God-vyandige wêreld.

Bron:
By waters van rus deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Mauzi ·

So waar, ons verstaan so min van daardie nag! Dankie Here dat ons U kinders kan wees en U genade kan ervaar. Dankie dat U mens geword hét om ons lyding te ervaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.