Gedagte vir die dag: Hemel-fiks

meer_man_sonsondergang_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Liggaamlike oefening het wel waarde, maar geestelike oefening is baie belangriker, want dit hou die belofte in van beloning, sowel in hierdie lewe as in die volgende. (1 Timoteus 4:8)      

Om fiks te word, kan jou net goed doen. ’n Sterk en fikse liggaam sal jou nie net beter laat lyk nie, maar ook beter  laat voel, dink en slaap.

Maar waarom gebruik jy nie die moeite wat jy fisiek doen as ’n herinnering daaraan dat jy ook aan jou geestelike fiksheid moet werk nie? Onthou, ’n mens se geestelike fiksheid is selfs belangriker as jou fisieke welstand, want ook al is jy hoe gesond, gaan jy nie vir altyd lewe nie. En ook al is dit hoe belangrik om fisiek gesond te wees, moet ons net soveel aandag aan ons geestelike welstand skenk. En nee, die gedagte aan ons sterflikheid hoef jou nie fatalisties of pessimisties te maak nie! Laat dit eerder ’n herinnering wees dat jy voluit moet lééf, binne én buite jouself. Terwyl jy draf of fietsry of touspring, kan jy ook bid en God loof en dink aan maniere om onselfsugtig en deernisvol te leef.

Bron: Uittreksel uit ʼn dagstukkie uit Soos appels van goud deur Dr. Michael Mol en Dalene Reyburn. Dié boek is die perfekte kombinasie van geestelike voedsel en fisieke welstand.
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.