Gedagte vir die dag: Hemelse hoop

Hoop

Die Christelike Hoop. Foto: Kameronlombard.com

Hierdie geloof en liefde is gegrond op die hoop wat vir julle in die hemel bewaar word. (Kolossense 1:5)

Ons hoop in Christus en die hemelse toekoms wat Hy vir ons beplan, is wat ons aan die gang hou. Dit bemoedig ons om aan die hemel te dink omdat alles wat ons begeer daar vir ons wag. Dit is ’n plek van rus. Daar sal nie meer moegheid wees nie. In die hemel sal ons oorwinning smaak. Die Kaptein sal sê: “Mooi so, goeie en getroue dienaar.” Daar sal ons volkome heilig wees. Niks sal daardie volmaakte koninkryk kan besoedel nie.

Dit is heerlik om te besef ons sal nie vir altyd in hierdie wildernis ronddwaal nie; dat ons binnekort die beloofde land sal beërwe. Deur God se Gees kan die hoop van die hemel geregtigheid in ons voortbring. Die mens wat hierdie hoop in hom het, het nuwe ywer vir sy werk, want die vreugde van die Here is sy krag.

Bron:
Elke Nuwe Dag, Eenminuut-Oordenkings deur Charles Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lena Jonk ·

Ons sien so uit om by ons Hemelse Vader te wees, daar sal ons mos nie meer bekommerd en hartseer wees nie daar gaan ons saam met al ons geliefdes wees wie ons vooruit gegaan het. Hemelvreugde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.