Gedagte vir die dag:  Hemelse lig        

Olie_lamp_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Die Lam is sy lamp. (Openbaring 21:23)

Dink na oor die Lam as die lig van die hemel. In die Skrif is lig ’n simbool van vreugde. Jesus het ons gekies, liefgehad, gekoop, gereinig, geklee, versorg en verheerlik. Ons sal net deur Jesus in die hemel wees.

Lig is ook ’n bron van skoonheid. Al die skoonheid van die heiliges kom van Jesus af. Hul lewens is strale wat uit die sentrale sfeer skyn.

Lig simboliseer ook kennis. In die hemel sal ons kennis volmaak wees en Jesus sal die bron daarvan wees. Wanneer Christus sy mense in die hemel ontvang, sal Hy hulle met sy liefde aanraak en hulle verander in die beeld van sy geopenbaarde heerlikheid.

Jesus sal aan die kern en siel wees van watter lig daar ook al is.

Bron: Elke nuwe dag deur Charles H. Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Agie ·

Amen
Ek dink gereeld hieroor en eindig in verwondering oor die heerlikheid, heiligheid en almag van God. Die Skrif is duidelik. Ver bo wat ons kan bid of dink.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.