Gedagte vir die dag: Hemelvaart!

Berg_wolke_landskap_ReintDykema.jp

Foto: Reint Dykema

Die twee mans sê toe: “Galilese manne, waarom staan julle na die hemel en kyk? Jesus is van julle af weggeneem die hemel in. Hy sal egter nét so terugkom soos julle Hom die hemel sien ingaan het!” (Handelinge 1:11)

Die tyd vir afskeid het aangebreek. Jesus het sy dissipels daarop voorberei. Vir hulle sou dit vir seker ʼn traumatiese ervaring gewees het. Vir etlike jare het hulle met Hom saamgeloop, Hom leer ken, na Hom geluister, gesien wat Hy alles kan doen. Toe word Hy gekruisig en hulle dink alles is verlore. Dan die wonder van die opstanding! Hy is weer by hulle. Maar Hy gaan weg. Na sy Vader toe. Die finale afskeid vind plaas naby Jerusalem. Hy word in ʼn wolk opgeneem. Hulle bly alleen agter. Waarheen nou?

Twee mans verskyn daar terwyl hulle met hulle oë na die wolke kyk. En die mans het vir hulle ʼn baie belangrike boodskap: Jesus kom weer! Intussen moet daar gewerk word. Onthou, julle het ʼn opdrag om uit te voer. Die dissipels het toe teruggegaan Jerusalem toe en saam met die ander gelowiges volhardend gebid, met verwagting gebid, want daar was ʼn belofte wat nog vervul moes word … Die Gees van God moes kom om ʼn nuwe bedeling in die koninkryksgeskiedenis in te lui.

Bron:
By waters van rus deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

A ·

Interessant dat die wêreld die wonder van Jesus se geboorte betwyfel deur die Maagd Maria, maar niks te sê het van Jesus wat weg gevoer is deur ‘n wolk na die hemel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.