
Foto: pixabay.com
Ek sal jou onderrig en die pad wys waarop jy moet gaan. Ek sal vir jou raad gee, my oog sal op jou wees. (Psalm 32:8)
Is jy vandag besluiteloos? Moet jy ernstige besluite neem en soek jy na leiding en raad? Die goeie nuus is dat die Here belowe om jou te onderrig en jou te leer; Hy sal vir jou die pad aanwys en jou lei. Al wat jy vandag moet doen, is om jou vertroue in Hom te plaas. Psalm 20:8 sê: “Sommige volke vertrou op strydwaens en perde, maar ons vertrou op die Naam van die Here ons God.” Ons vertrou op Hom en Hom alleen.
Mense staan dikwels stomverbaas en is verward oor hoe God halfgeletterde mense op deurslaggewende maniere gebruik. Abraham Lincoln, een van die grootste presidente van die VSA, indien nie dié grootste nie, was ’n doodgewone plattelandse seun. Hy het min opleiding gehad en dit het gelyk of hy in elke opsig in sy lewe misluk, totdat hy die Here Jesus Christus op ’n baie werklike manier leer ken het. Ten spyte van sy geringe formele opleiding het Lincoln ’n paar besluite tydens sy ampstermyn in die VSA geneem wat groot veranderinge teweeggebring het. Hy was die een wat deels daarvoor verantwoordelik was dat slawerny in die VSA afgeskaf is omdat die Here die Een was wat hom onderrig en gelei het.
Moenie jou nederige begin geringskat nie. Plaas net vandag jou vertroue in die Here en Hy sal jou onderrig en jou die pad wys.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
AMEN
Heer neem ons nederige mens en vat U ons hand