Gedagte vir die dag: Here, ons Here

reenboog_veld_stiltetyd_Uganda_Marco-Brits.jpg

Foto: Marco Brits (Apoka Safari Lodge, Uganda)

Lees Psalm 8

Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam … (Psalm 8:2)

Hierdie psalm is een van die in ons Bybel wat asseblief tog nie bepréek moet word nie. Jy moet dit bloot bid, woord vir woord saam met die oorspronklike bidder. Slegs dan het jy in kans om in sy verwondering te deel.

Ja, kyk maar op na die naghemel, daar waar jou lig vandaan kom, soek die maan en probeer die sterre tel. Dit is in onbegonne taak om te probeer bereken waarom die Skepper, die Een wat na óns kyk, aan ons die vermoë gegee het om iets van Hom raak te sien.

Dit is geheel en al bo ons vuurmaakplek om sy goedheid te peil, sy besluit om stofmense te verhef tot iets wat hulle nooit self kan word nie.

Kroon van die skepping, noem ons onsself nou …

“U laat hom heers,” sê die psalmdigter. En dit is belangrik: Die Skepper, sê dié verwonderde mens, gee aan sommige skepsels die eer en die verantwoordelikheid om oor die ander skepsels te regeer.

En wat kan die eersgenoemdes nou daaroor sê?

Dalk net en ding: Dankie vir die vertroue, Here, ons Here! Dankie vir die diere, die voëls, die visse. Dankie vir die veld, die lug, die see.

Ons wil ook sê, Here, ons Here, ons is jammer dat ons so met die diere en die voëls en die visse gemors het. Ons is jammer dat ons die veld en die lug en die see bemors het. Ons is jammer dat ons geslagte lank oor u skepping baasgespeel het soos mense wat gedink het dit hoort maar so. Ons, die selfgekroonde deurbringers.

Bron: Uit die Beek 2021 deur Barend Vos
Uitgewer: Lux Verbi

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Here my gebed dat U ons die sonde van ligtelik omgaan met U skepping, sal vergewe….dankie Here vir sonskyn vir die donker vir die lag vir U wonderlike skepping wat ek mag geniet tot in alle ewigheid is u Heer..Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.