Gedagte vir die dag: Die Here vra gehoorsaamheid

Stiltetyd_assisi-annelize.jpg

Foto: Annelize Brits

Samuel antwoord: “Wat verkies die Here: brandoffers of gehoorsaamheid? Gehoorsaamheid is beter as offers; om te luister is beter as die vet van ramme.” (1 Samuel 15:22)

Gelowiges wil die Here dikwels op ons eie voorwaardes gelukkig maak. Ons dink as ons Sondag kerk toe gaan, kan  ons Maandag doen wat ons wil. As ons ’n donasie gee vir liefdadigheid, kan ons die res bestee soos ons wil. As ek by my bestuurder raas kry, kan ek maar agter sy of haar rug skinder. As ek eerlik is oor groot goed, maak klein leuentjies nie saak nie. Ons gee ’n deeltjie van ons lewe vir die Here, maar hou die res vir onsself.

Die Here is wys en Hy weet presies wat ons werklik voel en dink. Die Woord sê: “Hý sal sy lig laat skyn op die dinge wat in die donker verborge lê, en Hý sal die motiewe van ons harte aan die lig bring” (1 Korintiërs 4:5). Hy weet dus presies hoe lief ons Hom het of nie.

Het ons die Here met ons hele hart lief, of net met ’n stukkie van ons harte? Omdat Jesus sy lewe vir ons gegee het, behoort ons ons hele lewe vir Hom te gee. Paulus sê in Romeine 12:1 ons moet onsself as ’n lewende en heilige offer gee. Ons gee vir Hom alles wat ons is en het, en volg waar Hy ons ook al lei. Ons gehoorsaamheid is die teken van hoe lief ons Hom het.

Here, ons wil U gelukkig maak en U liefhê in alles wat ons doen. Amen.

Bron: Hoop vir elke môre deur Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Yvonne

Here U weet hoe dikwels ek struikel….wees my genadig

FM

Here, U het ons gemaak om U vreugde te gee. Help my om U na waarde te eer, te vertrou, te glo!!!!