Gedagte vir die dag: Herhaal die waarheid

see_rotse_kaap_stiltetyd.jpg

Foto: Suné van Heerden

Hy is die Rots; sy werk is volmaak. Alles wat Hy doen, is reg. Hy is ’n getroue God, sonder enige onreg. Hy is regverdig en betroubaar! (Deuteronomium 32:4)

Wanneer jy in die greep van trauma, tragedie of sommer net ’n slegte dag is, is dit moeilik om te voel asof jy regtig glo dat God se krag, wysheid en liefde volmaak is.

Wanneer jy jou lewe bou op waarvan jy seker is van God se karakter, sal jy altyd wéét dat God almagtig, alwetend en liefdevol is, selfs al lyk dit of die lewe inplof. Hy is nie wreed, buierig of te besig met die bestuur van die heelal, sy rug op jou gekeer terwyl jy vasgevang is in jou pyn nie. Jy sal wéét dit is nie so nie, al eggo die kreet in jou dat God jou nie liefhet nie, dat Hy jou straf, dat hierdie omstandighede wat buite jou beheer is op die een of ander manier jou skuld is, of dat dit maar net ongelukkig iets is wat met jóú gebeur het.

Herhaal hierdie woorde oor en oor: God se krag, wysheid en liefde is volmaak.

Sukkel jy in die geheim – of dalk nie so in die geheim nie – om te glo dat God se krag, wysheid en liefde volmaak is?

Here, ten spyte van alles wat in my lewe aangaan, vertrou ek dat u planne wys en goed is, dat U my volkome liefhet en dat U my lewe in u volmaakte krag vashou. Amen

Bron:
Omvou deur genade deur Dalene Reyburn
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Lewies ·

As jy praat oor die karakter van God MOET REGVERDIGHEID ook genoem word. Sy toorn oor die sonde het nog nooit verander nie, omdat Hy nie kan verander nie. Daardie balans tussen liefde en straf moet verkondig word. Dit is die volle karakter van God.

Aart ·

Stem saam! God is rechtverdig om teenslae op ons pad te bring. Hy doen dit om ons by te stuur en leer om op Hom te vertrou. Hy kastyd elkeen wat Hy lief het.

Lewies ·

As jy praat oor die karakter van God MOET REGVERDIGHEID ook genoem word. Sy toorn oor die sonde het nog nooit verander nie, omdat Hy nie kan verander nie. Daardie balans tussen liefde en straf moet verkondig word. Dit is die volle waarheid van God se karakter.

Lewies ·

Die volle waarheid oor God se karakter le ook in Sy regverdigheid. Die balans tussen liefde en straf bevat die sleutel van ons Godsbegrip.

Kobus Oosthuizen ·

Ek is deur en deur getoets in my lewe, keer op keer platgeslaan maar een ding weet ek soos my hart in my klop dat Jesus my redder is dat God sy vader is. My pad op aarde geskep deur God ek het geen beheer oor my toekoms want Gos is in beheer lesse word my geleer wysheid verkry deur voute wat ek maak maar diep binne my, in my siel, in my hart, in gees weet ek my God is met my hy is in my en om my. Wanner ek val is hy daar om my op te tel die seer te herstel, geduldig wag hy vir die mens kind om heel te word en te besef God was maar altyd daar dat die genesing soveel makliker kon gewees het.
Ek moes net sy naam geroep het
Magtig waneer gaan ek leer
Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.