Gedagte vir die dag: Herstel die vrede

vrede_dam.jpg

Foto: harvestministryteams.com

Lees: 2 Korintiërs 5:11-21

Dit alles is die werk van God. Hy het ons deur Christus met Homself versoen en aan ons die bediening van die versoening toevertrou. Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en die mense hulle oortredinge nie toereken nie. (2 Korintiërs 5:18-19)

Op 16 Desember vier ons Versoeningsdag. Versoening beteken om die vrede te herstel. Jesus het juis 2 000 jaar gelede gekom om die vrede tussen ons en God én die vrede tussen mense onderling te herstel.

God neem altyd die inisiatief met versoening. Dit is Hy wat ons deur Jesus met Homself versoen het deur die vrede tussen ons en Hom wat reeds in die paradys versteur is, weer heel te maak. Versoening is altyd God se werk, ons kan self heeltemal niks hiertoe bydra nie.

God gee wel die bediening van die versoening aan ons deur. Jesus het hierdie boodskap aan sy dissipels oorgedra en dit is vandag steeds vir elke kind van Hom bedoel. Omdat Hy ons met God versoen het, word ons nou sy ambassadeurs wat hierdie versoeningsboodskap aan ander mense moet deurgee.

Dit kan ons net doen deur die krag van die Heilige Gees wat in ons werk. “Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees,” beloof Jesus in Handelinge 1:8. Met daardie krag tot jou beskikking kan jy ook in hierdie Kerstyd ’n vredemaker wees wat die vrede tussen jou en ander mense kan herstel.

Here Jesus, dankie dat U gewillig was om ter wille van my tot sonde gemaak te word, sodat ek met God versoen kon word. Help my om ’n boodskapper van hierdie versoening te wees. Amen.

Bron:
Jy is myne deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Deon ·

16 Desember is ook vir die Afrikaner Geloftedag. As jy die gelofte lees, sal jy besef om die 16de Desember as `n Sabatdag – as `n dankdag deur te bring – om aan GOD die eer vir die oorwinnig te gee. Ons moet vir geen oomblik ons laat mislei deur die liberale aanslag nie. Onthou die Zoeloes het die Afrikaner aangeval. Die Afrikaner het nie die Zoeloes aangeval nie. Die liberales wil hê die Afrikaner moet verskoning vra omdat hy oor die Zoeloes oorwin het en met hulle moet versoen. Dit is vir my net een te veel dat die liberale en heiden inwoners van Suid Afrika juis nou die Geloftedag van die Afrikaner wil gebruik om versoening met ander gelowe en heidende te predik. Ek neem aanstoot daarin dat Nina Smit die dag versoeningsdag noem! Ek neem ook aanstoot daarin dat Maroela dit toelaat dat die boodskap van Nina Smit nou juis op Geloftedag geplaas word. Dit word beskou as `n klap in die gesig van die Afrikaner!!!! Dit is tyd dat die Afrikaner sy rug styf maak teen die liberale aanslag om die aandag van `n dankdag ter ere van GOD af te lei na versoening met die satan en sy trawante. Los die Afrikaner se Geloftedag uit!!!!!!

Avril - Pretoria Noord ·

Dag Deon ek stem heelhartlik met jou saam. Dit is geloftedag en NIE versoenings dag soos deur hierdie heidense regering vernoem is nie. Dis hoekom dit so gaan in die kerk. Alles moet verdraai word om polities korek te wees. God is en sal altyd dieselde God bly. Ons moet ophou kerk speel op Sondag en ons God dien soos Hy van ons vereis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.