Gedagte vir die dag:  Het Hy gelag?    

kinders_hardloop_veld_cannahealth_com.jpg

Foto: cannahealth.com

Gee my tog weer blydskap en vreugde … (Psalm 51:10)

Ek wonder of Jesus, die Kripkind … die Verlosser … ook soms snaaks kon wees. Grappies kon maak en lag? Nêrens in die Evangelies lees ons so iets nie, maar as ek Jesus se menswees reg lees, sou Hy ook soms sommer net kon lag. Soos Hy gehuil het. Sommer net ’n kuier saam met sy dissipels kon geniet. Soos wat Hy hulle ook die ernstige dinge kon leer.

Ockert Meyer skryf hieroor: In God se huil oor die sonde, hoor ons reeds die lag van die Gees: die geluid van die hemelse stad, die nuwe Jerusalem waar daar nie meer iemand gehoor word wat huil of om hulp roep nie. (Jes. 65:19, Bybel in Afrikaans 1983/1992)

Ons het lag so nodig. Juis te midde van die bekommernis en irritasies van die gewone lewe. Soos ’n oester ’n pêrel vorm met die korreltjies sand in sy skulp (wat hom irriteer), so kan lag pêrels vorm wat ons kan help om die lewe te oorleef!

Laat jouself toe om veral in hierdie dae meer gereeld sommer net te lág. Dis bevrydend.

Maak my vasgevange hart ligter. Ligter in die nóú en die wete: Daar ís ’n nuwe Jerusalem.

Bron: Krag vir elke dag deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.