Ons kan niks vir God wegsteek nie, veral nie die verborge dieptes van ons hart nie. Is jou gesindheid suiwer en aan Jesus onderdanig, of het jy jou hart verhard? Moenie teen God rebelleer nie. Nader tot God en vra Hom om jou kliphart te verwyder en jou weer ’n sagte hart te gee.
Voor God kan absoluut niks weggesteek word nie. Ons staan kaalgestroop en weerloos voor dié Een aan Wie ons verantwoording moet doen. (Hebreërs 4:13)
Ek gee julle ’n nuwe hart met die regte begeertes en ’n nuwe gees. Ek vat die ou hart van sonde weg en gee julle ’n nuwe, gehoorsame hart. (Esegiël 36:26)