Gedagte vir die dag: Hier by My

Stiltetyd_wolke_Juanita Badenhorst.jpg

Foto: Juanita Badenhorst

Lees Eksodus 33:18-23

Toe sê Moses: “Laat ek tog net u magtige verskyning sien!”. (Eksodus 33:18)

Om God te wil sien. Geslagte gelowiges ná Moses sou hierdie ver- sugting uitspreek. Hulle sou iets vra soos: Here, wys my dat U om- gee, wys my u hart!

Die verhaal waarin hierdie insident voorkom, vertel ons dat Moses se begeerte om die Here te sien, gebore is uit sy wens om Hom beter te leer ken, sodat hy sy eie rol as leier in die Here se teenwoordigheid beter kan verstaan.

Latere gelowiges sal ook iets kan sê soos: Ek wou net seker maak. Ek wou bloot weet of dit Hy is wat met my praat. Dit sou darem gehelp het as ek iéts van Hom kon verneem, net ’n greintjie van God …

Deesdae kan die slim mense vinnig regstaan met hul tereg- wysing. Hulle sal kan sê: Sedert Jesus gekom het, weet ons mos hoe lyk God. Jesus het immers self gesê: “Wie My sien, sien die Vader” (Joh 14:9).

Dit is teologies gesproke in die kol – maar dit is geen antwoord op die vraagsteller se nood nie. En is daarom straks nié so teologies korrek soos wat die teoloë mag reken nie …

Dit sal almal eerder baat om dié Mosesinsident deegliker te lees. Om te hoor wat die Here hom antwoord: “(H)ier by My is ’n plek waar jy op die rots kan staan” (v. 21). Hiér sal Ek jou help om beter te kan sien wat Ek wil hê jy moet sien.

Bloot in hierdie antwoord sou Moses, as hy goed gehoor het, genoeg van die Here gesien het. Kom staan hier by My, sê Hy, dat Ek jou wys.

Ja, wie die Here se hart sien, sien Hom.

Dankie, Here, vir my plek hier by U. Help my om mooi te kyk.

Bron:  Uit die Beek 2019 deur Barend Vos
Uitgewer: Lux Verbi

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Here open ons geloofs oe en ore….ek kyk na die natuur en ek sien U handewerk….ek kyk na n baba en ek sien U Hart

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.