Gedagte vir die dag: “Hoe kan ek dít doen, Here?”

Boom_Reint_Dykema_veld.jpg

Foto: Reint Dykema

Ek sê vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie? (Matt 6:25)

Is dit nie? Wat ’n vraag! Is die spontane antwoord op hierdie vraag nie: “Nooit! Kos en klere is waaroor alles gaan!” nie! ’n Mens se lewensuitkyk kan baie maklik verval tot ’n oorlewingsfilosofie van hou-net-kop-bo-water of ’n oppervlakkige lewe-vir-gemak-en-materialisme.

Kan daar iets anders aan die lewe wees? Jesus reken so: “Die grootste vervulling en doel van die lewe is om te doen wat God wil hê. Niks is groter as dit nie.” Jesus leer sy dissipels dat mense wat lewe om te doen wat God sê nooit hoef te verval in die bekommernis en ergernis van voorsiening nie. Dis iets wat God self sal hanteer. Kry jy net jou fokus reg.

Gehoorsaamheid aan God in alles waarborg nie rykdom nie, maar dit waarborg die voorsiening van God in alle omstandighede. Hou jou oë op Jesus in alles en beleef die bo natuurlike sorg van God.

Bron:
Jesus se woorde vir mans deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.