Gedagte vir die dag: Hoe om jou hart te bewaar

Foto: imageprest.com

Foto: imageprest.com

Skep vir my ’n rein hart, o God, vernuwe my gees en maak my standvastig. (Ps. 51:12)

Hoe bewaar ’n mens jou hart? Ons almal weet “waar die hart van vol is, loop die mond van oor”. Jou hart is jou lewe. Ons kan baie daaroor uitbrei, maar een staan uit: Jou hart is die plek waar jy God beleef.

Ons moet sensitief raak vir God se stem in ons lewe. Ons is te besig, te gejaagd. Dit is ’n probleem van jou hart, want dit is jou hart wat vir jou sê dit gaan goed tussen jou en God, dit is jou hart wat vir jou sê die Here is met jou, by jou, in jou, Hy is tevrede, alles is great. Dit is ook jou hart wat koud word, en skielik leef jy maar net elke dag. Jy gaan maar net deur die roetine en jy mis daardie stemmetjie van die Here; jy mis sy inspraak, liefde, visie, roeping. Dit is jou hart waar al hierdie goed gebeur.

Ons moet mekaar elke dag help om ons harte gesond te hou.

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jean ·

Enslin haal ‘n stuk uit ‘n gebed aan waar die persoon die Here vra vir ‘n vernuwe hart, direk na hy sy sonde bely. Dit wys daarop dat God jou hart vernuwe. Nou lees Enslin se oproep om mekaar te help weer. Ai

Gerty van Huyssteen ·

Psalms is so mooi boek om te lees en waar jy als kry hoe Die Here omsien, Andries Enslin Alberton is een van my gunstelinge Predikers op Sondae Oggende indien ek nie Kerk bywoon nie Geniet so om na Hom te luister op Oos-Rand Stereo 93.9 FM

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.