Gedagte vir die dag: Hoekom gebed?

blydskap_natuur_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Laat ons met ons hele hart ons hande na God in die hemel uitsteek. (Klaagliedere 3:41)

Gebed leer ons dat ons onwaardig is. Dit is ’n baie belangrike les vir trotse wesens soos ons. As God vir ons gawes gegee het sonder dat ons daarvoor bid, sou ons nooit weet hoe arm ons is nie. In gebed maak ons aanspraak op goddelike rykdom, maar ons bely ook ons menslike leegheid. Die gesondste toestand vir ’n Christen is om altyd leeg van self te wees en deurentyd afhanklik van die Here vir voorrade; arm in self en ryk in Jesus. Dit is hoekom ons bid.

Gebed verander menslike dwaasheid in hemelse wysheid en gee vir gekwelde sterflinge die vrede van God. Ons dank U, grote God, vir u genadetroon. U betoon u wonderlike goedertierenheid elke keer wanneer U ons gebede aanhoor.

Bron:
Elke Nuwe Dag, Eenminuut-Oordenkings deur Charles Spurgeon
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.