My God, my God, waarom het U my verlaat en bly U ver as ek om hulp roep? (Psalm 22:2)
So dikwels verstaan ons nie hoekom dinge met ons gebeur nie. Dit is nie ons plek om hoekom-vrae te vra nie. Wie is ons om God te bevraagteken?
Dink aan Job toe hy kwaad en verward, bang en onseker was. Hy het soveel vrae vir God gevra. Maar toe begin God vir Job ’n paar vrae vra (Job 38):
“Waar was jy toe Ek die aarde se fondamente gelê het? … Hoe loop die pad na die plek waar die lig woon? Die donkerte, waar is sy woonplek? … Was jy al by die plek waar die sneeu gebêre word? Het jy al die plek gesien waar die hael gebêre word? … Sou jy die Sewester met ’n band kon vasknoop of die band van Orion kon losmaak? … Wie het die kennis om genoeg wolke bymekaar te bring, om hierdie waterkruike van die hemel om te keer wanneer die grond kliphard is en daar net groot kluite lê?”
Wanneer ek hierdie hoofstuk lees, besef ek hoe klein ons voor God is en tog het Hy ons so lief. Wanneer ons terugkyk op ons lewens, kan ons God se hand in alles sien. Deur die beproewings in ons lewe leer ons dat ons lewe in God se almagtige hand is. Hy is die God wat liefhet. Wanneer ons dit kan verstaan, daal vrede oor ons neer. Vrede wat onbeskryflik is. Vrede wat soos ’n rivier oor ons vloei en aan ons diepe vreugde bring.
Here Jesus, ek wil soms saam met die psalmdigter vra: Hoekom is U so ver van my af? Dan besef ek, U is nie. U is by my. U hou my in u almagtige hand vas. Dankie, Here.
Baie Dankie Here. Amen!
Dankie HERE vir die dag AMEN
VERSEKER
AMEN
Baie dankie Onse Vader. Amen
SY GENADE is vir my genoeg!
Amen!