Gedagte vir die dag: Hoekom het Jesus aarde toe gekom?

Wolke_heuwel_ReintDykema.jpg

Foto: Reint Dykema

Daar is verskeie maniere om die vraag hierbo te beantwoord, maar een daarvan is om te sê Jesus het gekom om verhoudings te herstel. Jesus het gekom om vir ons sondes te sterf en uit die dood op te staan om ons nuwe lewe te gee. Hoekom? Omdat ons vanaf geboorte in vyandskap met God leef. Jesus het ons verhouding met God kom herstel sodat ons God met ons hele hart, ons hele siel en met al ons krag kan liefhê.

Selfs Ek, die Seun van die Mens, het immers nie gekom om gedien te word nie, maar om diens te lewer en so selfs my lewe te gee as ’n losprys vir baie mense. (Markus 10:45)

God het die vyandskap tussen ons en Hom uit die pad gevat toe Christus aan die kruis dood is. 2 (Korintiërs 5:18, Die Boodskap)

Bron:
’n Anker vir die siel deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anoniem ·

Dankie Jesus dat U aarde toe gekom het om ons sondaars te verlos. Ons verdien dit nie maar U genade is genoeg. Ek loof en prys U tot in ewigheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.