Gedagte vir die dag: Hoop en teleurstelling

reenboog-stiltetyd-pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Egtheid van geloof kweek hoop; en dié hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het. (Romeine 5:4-5, Bybel in Afrikaans 1983/1992)

Soms het jy ernstig gehoop dat iets sal gebeur, en dan gebeur dit nie. Hoe groter die verwagting, hoe groter die teleurstelling. Romeine 5:5 belowe dat die hoop nie beskaam nie, dit wil sê, my nie gaan teleurstel nie. Is dit die waarheid?

Ek as gelowige het soms al gehoop vir iets en ek ís al teleurgestel! Dit is tog maar deel van die lewe, nie waar nie? Die soort hoop wat nié teleurstel nie, is egter nie enige hoop nie. Dis nie hoop dat ’n spesifieke gebeurtenis gaan gebeur nie, want só ’n hoop is wensdenkery. Dis hoop dat Christus die toekoms sinvol en goed genoeg gaan maak. Dis die versekerde hoop dat God sy liefde sal aanhou bewys. Soms wys Hy dit deur vreugde te skenk, soms deur liefdevolle bystand tydens baie swaar tye.

Moenie wens vir die beste, bedoelende die lekkerste nie. Hoop vir die beste – God se beste.

Versterk opnuut jou hoop deur die lees van Romeine 5:4-5 en let op waar presies God se liefde uitgestort is.

Bron: Elke dag saam met God deur Henk Gous
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here by U is dit die beste…dat ek mag vra bly n seen..Amen

Christine ·

Amen dankie Heer vir u genade aan ons sondaars, dankie vir U Liefde en dat ons mag weet U is altyd daar AMEN

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.