Gedagte vir die dag: Hoop en wanhoop

Boekevat - Perd in veld - Foto: C Brits

Foto: Christo Brits

Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees! (Rom 15:13)

Sedert die aanbreek van die nuwe Suid-Afrika is daar baie gepraat oor hoop. Ons het almal geweet dat die oorgang na ’n nie-rassige bedeling nie maklik sou wees nie. Daar was die optimiste wat voorsien het dat sake binne enkele dekades sou stabiliseer en dat ons ’n vreedsame en gelukkige reënboognasie sou wees. Die pessimiste was van mening dat die land tot ondergang gedoem is. Sommige het hulle hoop gevestig op betroubare politieke leiers, en ander het hulle wanhoop begrond op onbetroubare leiers.

Watter standpunt het die kerk van die Here ingeneem, hoop of wanhoop? As Christene het ons realisties gehoop, en hoop ons nog steeds realisties. Ja, alles het vir seker nie rooskleurig verloop nie. Maar heeltemal sleg het dit ook nie gegaan nie. En daar is op die breë front tog tekens van hoop.

Die feit is dat Christene ’n ander bron van hoop het as die wêreld. God self is ons bron van hoop. Ons glo dat indien ons as kerk ’n voorbeeld van verdraagsaamheid en opofferende liefde kan stel, dit ’n reuse verskil in hierdie land sal maak. Ons hoop is nie op ’n politieke party gevestig nie – hulle is feilbaar. Maar ons God is onfeilbaar. Suid-Afrika is sy eiendom. Ons vertrou ons en ons kinders se toekoms aan Hom toe.

En wat dan van al die slegte dinge wat gebeur en verwagtinge wat nie gerealiseer het nie? Ons huil daaroor. Maar ons bly steeds hoop omdat ons God almagtig is. En ons gaan die kwaad deur die goeie oorwin!

Ons oorwin die kwaad deur die goeie!

Bron:
Nogtans sal ek hoop deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Martha ·

Dankie Here dat u altyd daar is al is dit hoe donker om ons. Dankie dat U my die geloof gegee het sodat ek U kan ken. Amen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.