Gedagte vir die dag: Hoop het ’n Naam en Adres

Boekevat Foto - Sonsopkoms oor dam

Foto: Christo Brits

God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe wonderlik die heerlikheid van hierdie geheim vir alle volke is. Die geheim is: Christus leef in julle. Dit is die vooruitsig dat julle in die hemelse heerlikheid sal deel. (Kolossense 1:27)

Familiariteit lei dikwels tot oorgemaklikheid – ook met God. Een van die sigbaarste simptome van godsdienstige oorgemaklikheid is wanneer ons gebede propvol woorde word, maar sonder die nodige geestelike krag.

God se nabyheid aan ons gee nooit aan ons die reg om te familiêr met Hom te wees nie. Of te selfversekerd nie. Of te tuis nie. Die geneesmiddel vir sulke godsdienstige oorgemaklikheid is om ons plek voor die Almagtige te ken. In die woorde van Prediker 5 vra dit van ons om ons woorde in sy teenwoordigheid te tel.

Ons eie nabyheid aan die Here neem nooit ons groot respek en agting vir Hom weg nie. Sy heiligheid trek ons nader, maar dit laat ons ook in die stof voor Hom neerval. Ons spreek Hom aan as ons Vader, maar ons onthou dat Hy in die hemel is en ons op die aarde. En dat Hy die Here is. Só groei ons algaande dieper in ons eie kleinheid voor God.

Bron:
Op God se genadepad deur Stephan Joubert
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.