Drie dae lank het hulle deur die woestyn getrek en geen water gekry nie. Toe hulle by die plek Mara kom, was daar uiteindelik water. Die water was egter brak en hulle kon dit nie drink nie. Dit is hoekom die plek Mara genoem is. Die volk het toe by Moses gaan kla: “Wat moet ons dan drink?” (Eksodus 15:22-24)
Het jy al hard gesoek of lank gewag vir dit wat jy nodig het, net om teleurgesteld te wees wanneer jy dit eindelik kry? Die werk wat jy aanvaar het, is ’n doodloopstraat. Ongeskikte bure beroof julle van die vreugde van julle nuwe huis. Julle swaar verdiende spaargeld word deur onverwagte onkostes opgeslurp. Julle dink julle is amper by julle bestemming, maar dan duik daar probleme op.
Moenie toelaat dat struikelblokke julle geloof laat wankel nie. Weerstaan die versoeking om julle te bekommer en om te kla terwyl julle wag. Onthou: “Ons besef dat die swaarkry ons leer om te volhard. Op sy beurt kweek volharding betroubaarheid van karakter; en betroubaarheid van karakter versterk ons toekomsverwagting. En hierdie toekomsverwagting sal ons nie teleurstel nie, want ons weet hoe lief God ons het. Hy het sy liefde mos in ons harte uitgestort deur sy Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.” (Romeine 5:3-5)
Bid en vra vir die Here om vir julle te sorg. Hou vas aan die hoop en vertroue dat Hy sal voorsien wat julle nodig het.
Here, gee vir ons geloof om te glo dat U in ons behoeftes sal voorsien. Dankie vir die hoop wat ons in U het. Amen.
Geloof, hoop en liefde en gereeld bid, wat mense nie meer doen nie.
Jesus wys my die regte rigting.
Jesus wys my die regte rigting.
Roela-Namibie is noord!