Gedagte vir die dag: Hoor

sonsopkoms_rustig_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Elkeen wat kan hoor, moet goed luister na wat Ek sê. (Markus 4:23)

Mense het ver gereis om na Jesus te gaan luister. Sy woorde was gelaai met betekenis. Dit was woorde wat die hart aangeraak het, wat tot mense se lewe gespreek het. En Jesus het by meer as een geleentheid gesê: “Elkeen wat kan hoor, moet goed luister na wat Ek sê.”

Een van die belangrikste dinge wat ’n mens moet leer, is waarna om te luister. Die oes van ons gedagtes word neergelê in ons lewe. Gedagtes word egter gevorm deur invloede van buite. Daarom moet ons baie versigtig wees waarna ons luister.

Daar is sekere dinge wat negatief is vir ’n mens om te hoor. As daar byvoorbeeld in ’n gesprek negatief verwys word na iemand anders, benadeel dit die persoon wat bespreek word in sy afwesigheid. Ons noem dit sommer skinder. Skinderpraatjies is baie negatief vir mense wat daarna luister. Volgende keer as jy in so ’n geselskap is, kan jy sê: “Verskoon my, asseblief, maar ek wil regtig nie hoor van die negatiewe dinge wat jy van So-en-so sê nie.” Wanneer iemand ’n vuil grap vertel, sal dit dalk beter wees om op te staan en jouself te verskoon. Of as jy alleen saam met die grapverteller is, kan jy miskien sê: “Ek is jammer, maar ek wil regtig nie na vuil grappe luister nie.” Sê dit met nederigheid, liefde, maar met beslistheid. Want dít waarna jy luister, beïnvloed jou lewe.

Weier dus om na negatiewe praatjies, vuil grappe en klagtes te luister. Luister eerder na dít wat goed en opbouend is.

Bron: Jesus se woorde vir elke dag deur Jan de Wet
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

WILLEM ·

In Rom. 12:2 staan ” jullle moet jul denke verander” ‘n Negatiewe leef styl is nie bevorderlik vir jou optrede nie.

Yvonne ·

Here help my om beter te hoor om ander deur U oe te sien….Amen

ameli ·

Vader vernuwe ons denke en help ons om U Lig te skyn. In Jesus se Naam vra ons dit. Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.