Aan U, o God, kom ’n lofsang toe in Sion: geloftes moet betaal word aan U wat die gebed verhoor. (Psalm 65:2-3)
Dawid jubel in hierdie psalm oor die goeie reëns, die deurnat, vrugbare grond en die goeie oeste wat hy om hom sien. God het hulle gebede gehoor. Dis inderdaad vir ons wonderlik as ons bid en dan ontvang soos ons gevra het. Dis wanneer ons voel ons gebedslewe “werk” vir ons. Nogtans “werk” dit nie altyd so nie, want ons idee dat gebed op hierdie wyse moet “werk”, is nie heeltemal reg nie.
Daar is niks verkeerd as God nie ons gebed verhoor net soos ons dit vra nie, want ons vra nie altyd reg nie. God se perspektief is anders as ons s’n en alhoewel Hy alle gebede hoor, verhoor Hy dit op sy eie manier. Die Skrif sê dat die Heilige Gees ons gebede “verbeter” deur self vir ons “ooreenkomstig die wil van God” in te tree. Dan word dit verhoor presies soos dit gevra is. Van ons kant is gebed egter veral om dinge aan God se voete te lê en Hom dan bloot te vertrou.
Getroue God, ek vra U vrymoedig en vertrou U eenvoudig. U plan met my is altyd goed. Amen.
Vertroue op God al wat werk. SY tyd is nie ons tyd nie, ons wil dinge graag he na ons wil maar besef nie altyd dat daardie gebed is wat God vir ons wil he nie, maar iets anders vir ons bestem.
Amen !