Gedagte vir die dag:  Hou aan glo

vrou_stiltetyd_gebed_genade.jpg

Foto: Crosswalk.com

“Mevrou,” sê Jesus vir haar, “jou geloof is groot. Jou wens word vervul.” Van daardie oomblik af was die dogter gesond. (Matteus 15:28)

Eendag bring ’n Kanaänitiese vrou haar siek dogter na Jesus sodat Hy haar kan genees. Sy weier om Jesus se “nee” te aanvaar en hou aan met vra totdat Jesus op die ou end op grond van haar geloof haar dogter gesond maak.

Soms vra ’n mens dinge van God sonder dat Hy vir jou ’n antwoord gee. As jy bereid is om aan te hou glo en aan te hou vra, sal God jou wense waar maak, mits dit in lyn is met sy wil.

Die beste ding wat ek ooit in God se skool geleer het, was om die Here namens my te laat kies. ~ Dwight Moody

Bron:  ‘n Lewe naby God – Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae