Gedagte vir die dag: Hou op verskonings soek

man_eensaam_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Gideon sê vir Hom: “Verskoon my, Meneer, maar hoe kan ek Israel red? My familie is een van die swakstes in Manasse. Ek is die onbelangrikste lid in my pa se familie.” “Ek is dan saam met jou!” het die HERE vir hom gesê. (Rigters 6:15-16)

Gideon het gedink hy het ’n goeie verskoning om nie vir God te werk nie. Maar die vereistes waarna God kyk, is anders as wat ons verwag. Hy kies dikwels die onwaarskynlike mense om sy werk te doen sodat sy krag duideliker gesien kan word.

Indien jy weet God het jou geroep om iets te doen, hou op verskonings maak. Hy belowe om jou die krag en hulp te gee wat jy nodig het om die werk gedoen te kry.

Is jy besig om verskonings te maak om nie die werk waarvoor God jou geroep het te doen nie?

Bron: Op vaste rots
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.