Gedagte vir die dag: Hy het aan die kruis gesterf

kruis_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Omdat jy vir My kosbaar is, omdat Ek jou hoog ag en jou liefhet, gee Ek mense in jou plek, volke in ruil vir jou lewe. (Jesaja 43:4)

Elke mens is vir God kosbaar. Hy was selfs bereid om sy Seun te gee om aan die kruis te sterf sodat ek en jy gered kan word. In ruil vir ons sondes lê Jesus sy lewe af.

Jy is ook kosbaar vir God: Hy ken jou by die naam, Hy weet alles van jou af, Hy het jou só lief dat Hy sy enigste Seun gestuur het om vir jou aan die kruis te sterf.

Jesus sterf sodat jy kan lewe. Bewys jou dankbaarheid met die manier waarop jy lewe. ~ Anoniem

Bron: Hoop vir vandag deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

2 Kommentare

jongste oudste gewildste
Yvonne

Dankie Here dat U my so liefhet…onverdiend…Amen

Alet

Dankie Here.