Gedagte vir die dag: Hy is by jou

Stiltetyd-14.jpg

Foto verskaf aan Maroela Media

Moenie bang of mismoedig wees nie, want die Here is die Een wat voor jou uitgaan. Hy sal by jou wees. Hy sal jou nie in die steek laat nie en jou nie verlaat nie. (Deuteronomium 31:8)

Jou God gaan voor jou uit. Hy ken jou verlede. Hy ken jou toekoms. Hy weet van elke hindernis wat voor jou lê. Hy weet van die struikelblokke binne-in jou en die struikelblokke buite. En Hy sê: “Moenie bang of mismoedig wees nie” (Deut. 31:8).

Jy kan vorentoe beweeg omdat jy weet God is in jou. Wanneer jou lewe Syne is – want jou lewe ís Syne – behoort elke tree wat jy gee aan Hom. Hy sal jou nooit verlaat nie. Hy sal nooit van jou vra om alleen deur die lewe te gaan nie.

Wanneer jy God vertrou, kan jy kies om Hom te gehoorsaam en die uiteinde dan aan sy wil oorlaat. Jy is verantwoordelik vir die mate waarin jy God liefhet, vir hoe getrou jy Hom volg. En Hy is verantwoordelik vir jou.

Bron:
Stil oomblikke met God – vir jong vroue deur Amanda Cowles
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Veritas ·

Wat ‘n lekker gevoel om te weet dat God jou nooit sal verlaat nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.