Gedagte vir die dag: Hy ken jou naam

skape_landskap_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ek is die Goeie Herder. Ek ken my skape en hulle herken My. (Johannes 10:14)

’n Klomp velle wit papier op die tafel lyk almal dieselfde. In ’n groot denneplantasie staan geen boom uit as uniek of uitsonderlik nie. Duisende sterre in die naghemel skitter skynbaar almal ewe helder. Net so voel dit soms vir ons almal of ons in ’n massa mense verdwyn. Ons voel nie juis besonders of uniek nie. Ook al wil ons so graag raakgesien word, voel ons doodgewoon en onsigbaar.

Selfs al voel jy hoe onsigbaar vir die mense om jou, kan jy verseker wees dat God jou sien! Hy ken jou naam. Hy  is jou Skepper; die Een wat jou aanmekaargeweef het en wat elke dag van jou lewe in sy boek opgeteken het nog voordat jy gebore is. Hy weet alles van jou af en is altyd by jou (Psalm 139). Jy is vir Hom kosbaar en belangrik en Hy het jou lief (Jesaja 43:4).

Die Here hoor jou stem wanneer jy bid. Hy weet waarvoor jy hoop, hoe jy voel en waarvoor jy bang is. Omdat Hy ons Goeie Herder is, kan ons sy stem ook ken. Deur sy Woord en sy Gees lei Hy ons, en kan ons elke dag hoor hoe Hy op ons naam na ons roep.

Here, ek wil u stem ken en U altyd volg. Amen.

Bron: Hoop vir elke môre deur Joanna Teigen
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Here ek is so dankbaar dat ek elke belofte in die Woord my eie mag maak…Here dit gaan nie oor hoe laag en onbelangrik ek vandag voel nie dit gaan oor Wie U is….my Redder en my Heer…my Alles

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.