Gedagte vir die dag: Hy ken jou so goed

Vrou_water_see_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne. (Jesaja 43:1)

Moenie bang wees nie, sê die Here in Jesaja 43:1. Dit is altyd sy eerste opdrag as ons in die nood is. Ons moet Hom vertrou, Hy sal ons verlos. Hoe en wanneer Hy dit doen, is sy saak en dis deel van ons vertroue om daardie aspekte aan Hom te oorhandig. Die Here motiveer sy opdrag deur te sê dat Hy ons goed ken, dat Hy ons by die naam roep. Hierdie verse is aan “Israel” geskryf, die naam wat God self aan die Jode se aartsvader Jakob gegee het. God was intens by sy volk betrokke sedert Hy Abraham, Jakob se oupa, geroep het om Hom te volg.

God ken jou ook so goed – Hy het jou naam geken lank voor jou ouers dit uitgedink het! Dalk het Hy jou naam in jou ouers se gedagtes geplaas, of – wie weet – dalk het Hy ook nog sy eie naam vir jou? Die Here sê ook vir jou: “Jy is Myne,” want Hy het jou gemaak. Verstaan jy hoekom jy nie bang behoort te wees nie? God is so intens, intens betrokke by jou!

Dankie, Here, dat U my intiem en persoonlik ken: wie ek is, wat ek doen, waarheen ek gaan. Amen.

Bron:
In die lig van sy genade deur Jimi le Roux
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.