Gedagte vir die dag: Hy pleit vir jou

man_eensaam_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. (Romeine 8:26)

God gee sy Gees om sy kinders te leer om op die regte manier met Hom te kommunikeer. As ons nie weet wat om te bid nie; as ons self nie die regte woorde het om met God te praat nie, pleit die Heilige Gees vir ons by God, dra Hy ons versoeke tot voor God se troon.

Net soos ’n advokaat die beskuldigde in die hof verdedig, verdedig die Heilige Gees jou saak by God wanneer jy sonde gedoen het.

Die Heilige Gees is die eerste deposito van ons toekomstige verlossing. ~ WIillie Jonker

Bron: Hoop vir vandag deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here Jesus dat U die Heiligees gestuur het om by ons te wees ons Voorspraak as ons stom raak…Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.