Ek is die Here. Omdat Ek getrou is aan my verbond, het Ek jou geroep. Ek hou jou vas, Ek beskerm jou. (Jesaja 42:6)
God is nie soos ’n mens wat jou kan teleurstel nie. Hy is die Here – Jahwe, wat is wat Hy is, en sal wees wat Hy sal wees. Hy verander nooit. Keer op keer verwys Hy terug na sy verbond. God se verbond met sy volk staan vas. Die verbond is God se kontrak met sy volk wat Hy met sy eie bloed verseël het. Hy kan nie en sal nie teruggaan op sy beloftes nie.
Onthou, deur Christus (aan wie hierdie woorde eerstens gerig is) is ons deel van sy volk en sy verbond. Al kom ons nie ons kant van die verbond na nie, Hy kom sy kant na. Al is ons ontrou, Hy bly getrou. Dis wat die Skrif sê.
Sy belofte is dat Hy vir jou ’n God sal wees, en dat jy vir Hom ’n kind sal wees. Hy belowe dat Hy jou sal vashou, jou sal beskerm, jou sal deurdra – veilig – tot aan die einde. Al kos dit wat – Hy onderneem dit.
Dankie, Here, dat U by hierdie belofte geteken het. Amen.
Amen. Dankie Here dat u my daagliks hou en bewaar.
Wow hoe groot is U – dankte via U wonderlijke Vaderskap wat ons soos klein kindertjes bewaar en instant hou
Dankie Pappa Vader dat U my weereens verseker dat U my en my sterwende Boeta en familie styf vashou tot aan die einde.