Gedagte vir die dag: Hy sê meer as net: “Haai”

helpende_hand.jpg

Foto: holdinghopeservices.com

Ek sal getrou aan jou bly en jou Myne maak, en jy sal uiteindelik vir My ken as die HERE. (Hosea 2:19)

Ons almal probeer tog so ordentlik met mekaar wees. Soos om heel gemanierd vir iemand te vra hoe dit met hom gaan. Die waarheid is dat ons nie altyd régtig vra nie. Meestal ook nie eerlik antwoord nie. Dis sommer net ’n terloopse hallo-sê. En so terloops-terloops mis ons eintlik mekaar se harte heeltemal. En dan word ons almal eensaam. Ons beweeg soos skepe in die nag by mekaar verby: die vinnige “haai” was mos genoeg.

Dis dan wanneer ons soms by ’n plek kan kom waar ons wonder: Is ek ook maar terloops hier op aarde? Waarom voel dit dan asof ek so half per ongeluk hier is? Miskien moet jy dan vandag Hudson Taylor se woorde hoor: “Daar ís ’n lewende God: Hy praat met ons in die Bybel. Hy bedoel wat Hy sê en sal elkeen van sy beloftes waarmaak.”

God se belofte-waarheid is dat jy nie sommer net op hierdie aarde is nie. Lank voordat jy gebore is, het die Vader jou reeds gekies. Jou naam geken. Jou hart sy eie gemaak. Nee, jy is verseker nié terloops nie.

Mag jy vandag ervaar hoe die Gees by jou kom stilstaan en vra: Hoe gaan dit met jou, liewe kind-van-My? Wat kan Ek vir jou doen? Jou eerlike antwoord sal Hom nie verras nie.

Dankie dat U meer as my naam ken. Dat U mý ken. En liefhet.

Bron:
Jou voetpad na vrede deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Janet van Staden ·

Amen.

Baie dankie vir die mooi boodskap. Mag julle ‘n geseënde dag hê!

Manda ·

Dankie vir die boodskappe. My vriendin het die link my gestuur. Vir my voel dit of ek net hiet op die aarde gegooi is, en alles gemis het. Ek is by ouers geplaas wat my SO oorheers het, en my nooit geleer het om selfstandig te word nie, en my SO afgekraak het, dat ek AL my talente verloor (gemis) het. En nou is ek nog altyd doelloos en kan aan nks kom nie. Ek was ook baie siek aan Yuppiegriep en depressie , en baie slym en woede, ens. Die Epstein Bar virus en ander virusse. Nou voel dit of ek geen doel het op die aarde nie. Ek sukkel nou om my Talente wat so oorvloedig is, op te tel, en daarmee te begin woeker….Het n skildery begin, maar weer gelos… Hoe maak ek? Het iemand raad? Ek is bang om iets te doen…! Dankie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.