Gedagte vir die dag: Iemand wat die waarheid praat

See-strand-rus-boekevat.jpg

Foto: flowercampings.com

Jesus het vir die Jode wat tot geloof in Hom gekom het, gesê: “As julle in ’n noue verbintenis aan my boodskap leef, is julle my egte navolgers; en julle sal begryp wat die waarheid beteken, en die waarheid sal julle vrymaak.” (Johannes 8:31-32)

Ek het al dikwels gehoor daar word gesê die kerk van die Here bepaal die morele temperatuur van ’n land. Wanneer jy om jou rondkyk, sal jy sien die kerk vervul nie sy taak nie, want immoraliteit vier oral hoogty. As ’n mens maar net die TV aanskakel, sien jy gewone advertensies wat aan sagte pornografie grens. ’n Paar jaar gelede sou daardie adverteerders in die hof moes verskyn op aanklag daarvan dat hulle blatante immoraliteit op die TV uitsaai. Dan praat ons nie eers van die flieks nie!

Ek dink die kerk kan hiervoor al die skuld kry omdat ons nie die volle waarheid praat nie. Ons praat nie reguit nie. Ons verkondig verdraagsaamheid en laat mense toe om te glo dat alle paaie na die hemel lei. Dit staan nêrens in die Bybel nie. Trouens, die teendeel is waar. In Johannes 14:6 sê die Bybel baie duidelik: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom by die Vader uit behalwe deur My nie.” Nogtans kyk ek om my rond en ek hoor van intergeloof-byeenkomste. Sommige van ons hoofstroom-denominasies vat hande met Islam en Boeddhisme en Hindoeïsme, en dít is ’n gruwel in God se oë.

Ons moet terugkeer na die grondbeginsels en die waarheid praat soos die Here Jesus Christus dit gepraat het. Daar is geen god behalwe die God van Israel nie. Daar is geen ander weg as Jesus nie. God vra nie dat ons soveel vriende moontlik moet probeer maak nie. Hy vra dat ons standvastig en eerlik moet wees sodat mense na ons kan kom en die waarheid sal hoor, selfs al is dit nie vir hulle lekker nie. Die doel van ons lewe op aarde is om ambassadeurs vir Jesus Christus te wees, en ’n goeie ambassadeur is iemand wat die waarheid praat.

Vader God, ek glo die enigste weg na die hemel is deur Jesus Christus, soos u Woord sê. Hoewel ek verdraagsaam is teenoor ander, bid ek dat ek altyd die waarheid in liefde sal praat. Amen.

Bron:
Genade in oorvloed deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Stephanie ·

Die waarheid van die WOORD is nie polities “korek” nie, dus moet dit nie verkondig word nie, of doodgeskreeu word sodat die antichris van humanisme kan regeer.

Dries ·

ek stem Stephanie, humanisme is ontrent ‘n groter gevaar vir die koninkryk van Jesus as ander gelowe.

Dries ·

JESUS is die ENIGSTE weg tot GOD! In die westerse wereld veral kom hierdie sieklikke politiese korrektheid voor van hoe kan mens so wreed wees om te se ander mense gaan verlore. Indien mens werklik daardie ander mense liefhet bid dat hulle Jesus vind voor dit te laat is. Om respekvol teenoor ander te wees is nie verkeerd nie, maar die problem kom in as mens Jesus verloon en HOM net nog ‘n weg tot GOD wil maak nie. Mens word gebreeispole om ander nie te ‘offend’ nie, maar intussen kan Sy naam maar ydelik gebruik word in films en op TV. Niemad kan in elk geval die oorwinningsmars van Jesus stop nie

Dries ·

Daar is geen ander weg nie. Dit staan so duidelik in die Bybel en as iemand ‘n ander Evangelie verkondig sal die vloek van GOD hom tref. dis nou maar jammer wat protokol of humanistiese etiket se, ons moet die waarheid oor die Evangelie van Jesus verkondig.

Riaan ·

Hoe kan n mens kerk toe gaan as die waarheid nie gepraat word nie.n Voorbeeld huwelike vd diesefde geslag,hoe kan enige leraar dit doen toelaat in die kerk.Alles word mos aangepas soos die mense dit wil he,nie wat die BYBEL se nie.Hoe kan enige persoon na n leraar luister wat so iets toelaat en doen.

Maria ·

Ek voel Christene net meer en tyd op Woord van Bybel fokus en lees vas hou GLO en Gehoorsaam wees. Want die wereld vol leuns versoeking omdat ons nie die word die waarheid uit bybel lees nie. Here my meer as 3maande foon laat breek (nuwe 2fone)
Hy my gewys ek maak nie TYD om waarheid van sy word lees nie

Johann cb ·

Nee Mnr Buchan, die Kerk is nié verantwoordelik vir immoraliteit nie! Waarop basseer u hierdie aanname? Die méns is daarvoor verantwoordelik!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.