Gedagte vir die dag: In die harwar van elke dag

hande-in-gebed

Foto: Argief.

O Here, God van die hemel, U is groot. Almal sidder en bewe voor U. U is die God wat u ooreenkoms nakom teenoor almal wat U liefhet en doen wat U sê. Sien my asseblief raak, Here. Ek is u dienaar. Luister na die gebed wat ek dag en nag tot U bid sonder om moeg te word. (Nehemia 1:5-6, Die Boodskap)

Jy kan met opregtheid sê dat jy baie hard probeer om stiltetyd te hou; om jou dag rég te begin; om saam met Hom te leef. Maar ai, soms begin die dag so halsoorkop dat daar nie tyd is vir stilword nie. En as die dag eers sy loop geneem het, is daar geen kans dat ons tyd sal kry om voor die Vader se voete te gaan sit nie. Heel dikwels is ons vervulling, ons goed-voel, ons gesonde mense verhoudinge ook dan daarmee heen.

Die wonder is dat ons Vader nooit te min tyd vir óns het nie, dat Hy getrou op ons roep en uitreik na Hom wag en dan maar weer gereed staan om ons met sy liefdevolle aanraking te seën.

Tommy Barnett sê hierop: “Ek het ontdek dat ek my daagliks daarop moet toespits om tyd te maak vir gebed. Enige iets – hoe vroom ook al – wat my daarvan weerhou om in gemeenskap met God te verkeer, is my vyand as ek ’n toegewyde vriend van God wil wees.”

Onthou vandag dat wanneer jy nie jou Vader se by-jou-wees ervaar nie, dit nie Hy is wat van jou vergeet het nie. Inteendeel, Hy wag met groot geduld op jou ontvanklikheid. Jou stilword-hart. Jou na-Hom-toe-uitreik-oomblikke.

Vergewe my wegdryf van U, Vader. Hier is ek – u dienaar, u kind.

Bron:
Jou voetpad na vrede deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.