Gedagte vir die dag: In die hemel

son_hoop_wolke_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie. Die dinge van vroeër het verbygegaan. (Openbaring 21:4)

Wanneer Johannes ’n openbaring van God se nuwe wêreld ontvang, ontdek hy dat alles daar anders sal wees as die wêreld wat ons ken. Niemand sal meer doodgaan nie. Swaarkry, seerkry en pyn sal iets van die verlede wees. Saam met God sal al sy kinders vir altyd gelukkig wees.

In swaarkrytye kan jy uitsien na die ewige heerlikheid wat God vir jou belowe. In die hemel by Hom sal daar ’n einde wees aan alle leed, smart en pyn.

Die graf is nie ’n doodloopstraat nie. Dit is ’n deurgang. Dit gaan toe op die skemer. Dit maak oop op die dagbreek. ~ Victor Hugo

Bron: Hoop vir vandag deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Agter die skerms ·

My Jesus ek sit in ‘n situasie wat ek basies nie meer kan hanteer nie en ek weet nie hoe om dit te hanteer nie – help my asseblief my God ek vra vir U genade. Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.