Gedagte vir die dag: In die toekoms

reenboog_boom_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Julle hoef nie haastig pad te gee nie, julle hoef nie soos vlugtelinge te vertrek nie: Die Here gaan voor julle uit, die God van Israel kom agter julle aan. (Jesaja 52:12)

God verseker sy volk dat dit nie vir hulle nodig is om halsoorkop uit Babel pad te gee nie. Hy belowe om self voor hulle uit te gaan en hulle ook van agter af te beskerm.

Soos God die afgelope jaar die pad met jou saamgestap het, wil Hy ook in die toekoms by jou wees. Hy wil vir jou die pad van die onbekende jaar vooruitloop. Hy onderneem om voor jou uit te gaan om jou te lei en ook agter jou aan te kom om jou veilig te hou.

God onderneem om jou nooit alleen te laat nie. Hy sal in die toekoms by jou wees, net soos Hy in die verlede was. ~ Anoniem

Bron: Hoop vir vandag deur Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.