Gedagte vir die dag:  In moeilike omstandighede

man_meer_bewolk_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Toe ek gedink het my voete gly, het u troue liefde my regop gehou, Here. (Psalm 94:18)

Daar gebeur dinge met elkeen van ons wat ons geloofsvoete onder ons uitslaan, wat veroorsaak dat ons selfs vir God en sy liefde vir ons bevraagteken. In sulke tye stel God sy troue liefde tot jou beskikking. Hou daaraan vas; dit sal jou regop hou.

In moeilike omstandighede kan jy op God steun. Sy troue liefde is altyd daar om jou te ondersteun wanneer jy nie self staande kan bly nie.

Eers wanneer jy jou eie onvermoë bely en weet, sonder enige twyfel wéét dat net God jou nou kan help, eers dan is jy met geloof besig. ~ Johan Smit

Bron:  ‘n Lewe naby God – Nina Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.