Gedagte vir die dag: In stilwees en vertroue

See-strand-Nathan-Steyn.jpg

Foto: Nathan Steyn

Daarom moet jy in stilte op die Here vertrou en jou nie ontstel oor die voorspoedige lewe van ’n skelm nie. (Ps 37:7)

In ons stiltetyd moet ons inderdaad stil word voor God. Dit beteken ons moet ons bekommernisse eenkant toe skuif en net op God fokus, ons almagtige Koning, die Skepper van die heelal. In plaas daarvan om te dink aan die argument wat jy sopas gehad het, wat jy vir aandete gaan maak of te wonder hoe jy jou skuld gaan betaal, word jy net stil voor God.

Wanneer jy dit doen, sal jy voel hoe die sorge van die dag van jou skouers lig. Jy sal opnuut besef dat God in beheer is en dat jy net op Hom moet vertrou en geduldig moet wag tot Hy jou help. Jy sal versterk en bemoedig kan voortgaan met jou dag. Onthou altyd: “As julle julle bekeer en tot rus kom, sal julle gered word. Julle krag lê in stil wees en vertroue hê” (Jes 30:15).

Bron:
Hoor die hartklop van God deur Andries Enslin
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

esme van dyk ·

vandag het God weer.opnuut ons veseker Hy is getrou en in beheer Amen

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.