Gedagte vir die dag: Innerlik sterk deur die Gees   

Sonsondergang_aanbid_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word. (Ef 3:16)    

Jesus sal jou nooit meer laat dra as waartoe jy in staat is nie. Hy sal nooit vir jou ’n taak gee wat jy nie in sy krag kan doen nie. Hy sal nooit van jou vra om die ekstra kilometer te loop as Hy weet jy kan dit nie doen nie. Soms sê ons: “Here, dit is te moeilik. Ek kan nie deur hierdie beproewing kom nie.” Dan sê Hy: “Jy kan. Byt vas. Uit die rykdom van my heerlikheid sal ek deur my Gees vir jou die krag gee om innerlik sterk te wees.”

Onthou jy vir Sadrag, Mesag en Abednego wat in die brandende oond gegooi is en ongedeerd daaruit gekom het? Onthou jy die beproewing wat Daniël ervaar het? Hy is in ’n kuil vol honger leeus gegooi. Koning Darius (Dan 6:1) was lief vir Daniël, maar Daniël wou nie sy knie voor die gode van Babilon buig nie. Hy het nie eens die gordyne toegetrek toe hy sy God openlik aanbid het nie. Verg dit nie moed nie? Is dit nie ’n vurige beproewing nie? Darius moes vir Daniël in die leeukuil gooi, maar die leeus het nie aan Daniël geraak nie. Dink aan die vroeë Christene wat ter wille van die evangelie van Christus op die brand stapel verbrand is. Hulle het lofliedere gesing terwyl die vlamme hulle verteer het.

God sal deur sy Gees vir jou die krag gee om jou beproewings te deurstaan, en om sterker in jou geloof anderkant uit te kom.”

Dankie, Here Jesus, dat U my deur u Gees sterk sal maak wanneer ek deur beproewings gaan. Ek vertrou op U. Amen

Bron: Aartappelgeloof vir elke dag deur Angus Buchan
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.