Gedagte vir die dag: Innerlike genesing

sonsopkoms-man-wat-bid

Foto: living365withjesus.wordpress.com

Die term “innerlike genesing” beskryf die genesing van ‘n mens se hart van die seerkry van sonde. Van die kragtigste ontmoetings wat ons met Jesus kan hê, het te doen met die genesing van die verlede. Die probleem is gewoonlik dat ons nie daarheen wil teruggaan nie, want die pyn is te groot. Jesus neem mense nie terug na die oomblik van verskrikking om hulle te verwond nie, maar om volkome genesing te bring.

Vertrou op God om vir jou genesing te gee van jou verlede.

Iemand wat aan Christus verbind is, is ‘n nuwe skepping. Die ou dinge is verby, kyk, die nuwe is hier! (2 Korintiërs 5:17)

Steek u hand uit en bewerk genesing, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus. (Handelinge 4:30)

Bron:
’n Anker vir die siel deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.