Gedagte vir die dag: Innerlike krag – geduld

(Foto: Unsplash)

As ek darem nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendiges nie…! Vertrou op die Here! Wees sterk en hou goeie moed! Ja, vertrou op die Here!” (Psalm 27:13-14 – AFR83)

Ek dink die meeste van ons kan ons vereenselwig met hierdie woorde uit die pen van die Psalm-digter Dawid.  Geduld is seker een van die moeilikste fasette van die Vrug van die Gees om te bemeester, maar die oomblik wat ons geduld bekom, is daar min wat ons in die lewe kan stuit.

Geduld is die vermoë om te kan wag op die Here, nie moed te verloor nie, maar te volhard in die geloof. Ons lewe teen so ’n vinnige tempo in die wêreld vandag, waar alles hier en nou gebeur. Ongeduld is aan die orde van die dag, met padwoede en dies meer, maar met die Heilige Gees in ons, as ons Helper, kan ons geduld onder die knie kry.  Rus in die wete dat jou Hemelse Vader Alomwetend en Almagtig is en dat Hy vir jou net die mooiste plan en toekoms het. Die regte tyd is alles op die pad na sukses, so ook kan selfs die regte ding op die verkeerde tyd al jou drome inmekaar laat tuimel.

Om te wag op die Here is om die toets van geloof en vertroue in die Here te deurstaan, maar ook die toets van vurige passie en toegewydheid tot jou droom slaag. Harde werk en uithouvermoë bring soveel meer waardering vir die sukses wat jy behaal mee.

Die sleutel tot geduld lê hierin opgesluit, om te leef in die oomblik en om alles wat goed is in hierdie oomblik ten volle te omhels, te geniet en met ’n dankbare hart te benut, en voor jy jou kon kry, het daardie ongeduld soos mis voor die son verdwyn!

Geskryf deur Alta Strauss
Facebook | Instagram | E-pos

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Here dankie dat U nooit moeg word vir al my gebrokenheid nie…U is my rots..Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.