Gedagte vir die dag: Innerlike krag – selfbeheersing

Vrou_strand_stiltetyd_lees-Bybel_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug, die godsvrug met liefde onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense.” (2 Petrus 1:5-7)

Die lewe van Jesus Christus was die perfekte weerspieëling van ’n lewe wat totaal oorgegee is. Die Christelike lewenswandel is ’n lewenswyse gekenmerk deur selfbeheersing.

Selfbeheersing begin en eindig met selfdissipline.  As gelowiges moet ons leer om op te tree, eerder as om te reageer. Iemand wat optree, is proaktief, terwyl iemand wat reageer deur emosies meegesleur word.  Ons moet ten alle tye in beheer wees van ons gedrag.  Dit vermag ons deur ons aandag te vestig op die innerlike sake van die hart.  Dit wat in jou hart aangaan, reflekteer na buite die oomblik wat jy onder druk geplaas word.

Aangesien ons na die vrug van die Gees kyk, kom ons gebruik dan ook die volgende vergelyking van ’n natuurlike vrug.  Wanneer jy ’n lemoen neem, dit in die helfte deursny en uitdruk, wat kom uit, ja… lemoensap… nie druiwe- of appelsap nie, maar lemoensap. Vandaar dan ook die gesegde “wat die hart van vol is, loop die mond van oor”.  Selfs die Woord waarsku ons om oor ons hart te waak, want vanuit die hart vloei al die dinge van die lewe.

As God se Lewende Woord in ons bly en ons in Hom, is dít wat na vore sal kom en sal manifesteer in die wyse waarop ons handel. Leer om doelbewus, selfs onder die moeilikste omstandighede, met nuwe perspektief te kyk na gebeure om jou. Leer om jou gedagtes te rig op die opbouende en goeie wat jy daaruit kan neem. Elke donker wolkie het ’n goue randjie!

Geskryf deur Alta Strauss
Facebook | Instagram | [email protected]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here dat U U Heilige Gees gestuur het om my te leer en te lei…Amen

Sakkie ·

Ek stem volkome saam. Daar is genoeg negatiwiteit in die wêreld. Dankie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.