Internasionale Vrouemaand vir vervolgde vroue

‘n Vrou wat in die Persiese Golf bly (Foto: 2019 © Geopende Deure Internasionaal)

Internasionale Vrouemaand (Maart) is om die draai en ons vier die bevryding en voorspraak vir die regte van vroue, wat die eerste keer aandag gekry het deur die protes van vroue-kleremakers in 1908 in New York. Vanjaar is die 111de jaar waar vroue se regte beveg word.

Die hartseer realiteit is dat geweld en diskriminasie teen vroue steeds ‘n daaglikse stryd is (dink maar aan die #MeToo-veldtog van verlede jaar). Dit is ook die geval vir miljoene Christenvroue reg oor die wêreld, wat weens hul geloof brutale en onmenslike diskriminasie en vervolging in die gesig staar.

Christenvervolging het gewoonlik ten doel om skade aan te rig aan gesinne of kerkgemeenskappe, en om vroue spesifiek te teiken is ʼn wrede manier om hierdie doel te bereik. Geopende Deure se navorsing oor Christenvervolging toon dat die tipe vervolging waardeur vroue geteiken word, drasties verskil van die vervolging wat Christenmans ervaar. Verkragting en seksuele geweld, gedwonge huwelike, huisarres en ontvoering is van die maniere wat vroue vervolg word en hoe hulle regte geskend word vir hulle geloof in Christus.

Moslem-vroue van die Midde-Ooste (Foto: 2019 © Geopende Deure Internasionaal)

Vroue wie se mans vir Christus sterf

Meskele in Ethiopië (Foto: 2019 © Geopende Deure Internasionaal)

In Ethiopië word talle vroue kwesbaar gelaat wanneer hulle mans vir hulle geloof in Christus vermoor word. Vroue en kinders word alleen agtergelaat, sonder beskerming of versorging. Dit was die geval vir Meskele.

Meskele se man was ‘n bekende pastoor en evangelis. Hy is voor Meskele uit hul huis uitgesleep en deur Moslem-ekstremiste vermoor. Sy is alleen agtergelaat om vir haar en haar sewe kinders te sorg.

Deur mans te teiken, is ʼn wrede manier hoe vervolgers Christengemeenskappe en gesinne verlam, verarm en weerloos laat.

Vroue in Moslemlande

‘n Meisie in die Persiese Golf (Foto: 2019 © Geopende Deure Internasionaal)

Vir Christenvroue in Moslemlande is vervolging ʼn daaglikse realiteit wat gepaard gaan met baie vrees. Vroue wat tot bekering in Jesus kom in die Midde-Ooste, Noord-Afrika en Sentraal-Asië, word dikwels deur hulle families in huwelike met Moslemmans gedwing. Hier word hulle dikwels heeltemal geïsoleer en deur hulle mans onder huisarres geplaas.

In ander gevalle word Christenmeisies ontvoer deur Moslemmans en dan gedwing om met hulle te trou. ʼn 16-jarige Pakistanse Christenmeisie, Samariya, is ontvoer deur ‘n Moslem-grondeienaar. Nadat hy haar gedwing het om tot Islam te bekeer, het hy haar sy bruid gemaak. Haar familie het openbare protes aangeteken en geregtigheid van burgerlike owerhede geëis, maar dit was tervergeefs. Inteendeel, ‘n Islamitiese geestelike wat by die saak betrokke was, het gesê dat dit “nie onwettig is om nie-Moslems te ontvoer en te bekeer nie”.

Vroue as teikens vir ekstremiste

Weduwees in Nigerië (Foto: 2019 © Geopende Deure Internasionaal)

Ekstremistiese groepe in verskeie dele van die wêreld is ook nou betrokke by die vervolging van Christenvroue. Groepe soos Boko Haram in Nigerië gaan steeds voort om jong Christenskoolmeisies te ontvoer, en verlam honderde gemeenskappe deur mans dood te maak en vroue tot weduwees te maak. Hierdie strategie is nie net ‘n manier om vrees te versprei nie, maar ook om die Sjaria (Islamitiese) wetgewing af te dwing, Westerse onderwys te stop en die verspreiding van die Christenskap te beëindig. Geweld teen vroue en meisies is nie ‘n nuwe verskynsel in Nigerië nie, maar het in onlangse jare ‘n ongekende skaal bereik.

Wat kan ons doen?

‘n Vrou in die Persiese Golf (Foto: 2019 © Geopende Deure Internasionaal)

Wanneer ons dan nou Internasionale Vrouemaand betree en voorspraak maak vir die regte van vroue reg oor die wêreld, laat ons ook dink aan vroue wat op verskeie manier ly net omdat hulle Jesus volg.

Bid dat God in hierdie situasies sal ingryp en geregtigheid vir vroue en kinders sal bring. Bid ook vir die harte van ons susters in geloof om in liefde en vergifnis te genees.

Christenvroue in baie lande sukkel om te oorleef nadat hul mans vir hul geloof vermoor of opgesluit is. Jeep kan hierdie kwesbare Christenvroue en hul kinders bystaan en beskerm deur hulle van kos en behuising te voorsien. Klik hier vir meer inligting oor hoe jy hierdie Christenvroue kan bystaan.

Volg Geopende Deure op sosiale media:
Facebook
Twitter
YouTube
Instagram

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.