Ek gryp jou regterhand vas. Ek is die Here jou God. (Jesaja 41:13)
In die vorige dagstukke het ons gesê dat dit belangrik is dat ons na ons pyn toe stap. Jy mag vra: Waarom sal ek na my pyn toe stap? Is geloof nie om my oë te sluit vir dit wat sleg is en net te bly fokus op die hoop nie? Na die silwer randjies te soek en te maak of alles oukei is nie?
As geloof nét dit is, kan baie mense dit as ’n euforie beskou … ’n naïwiteit. Want die waarheid is: Alles is nié altyd oukei nie. Soms is jy en/of jou mense en/of die wêreld eenvoudig nié oukei nie! En moet ons die nugtere feite in die oë staar en die pyn belééf.
Die verskil is egter dat ons as kinders van God nie alleen hierdeur hoef te gaan nie. Omdat ons ’n Vader het wat sáám met ons huil en ons dan daar met sy onbeskryflike genade-troos omvou. Ons met Homself versterk, op sý tyd en manier wel lig in ons laat deurbreek en iets nuuts aan ons gee: ’n Nuut wat ánders is. Heel is. Heilig is.
Lig-vir-altyd, ek hou aan U vas. Baie styf.
Vanaf die ou geskiedenis in die Bybel,
die tyd waar die Voortrekkers die onherbergsame wildernis hier aan die Suid-punt van Afrika getem het,
die eerste Trekkers wat die Wilde Weste van Amerika binne getrek het,
HET GOD DEUR SY ALMAG BESKERM EN GEHELP EN SAL TOT DIE LAASTE DAG. HY IS GOD.