Gedagte vir die dag: Is God genadig?

Boekevat Foto - Sonsopkoms oor dam

Foto: Christo Brits

God haat sonde. Alle ongehoorsaamheid word gestraf. Maar selfs in God se straf is daar genade. Selfs wanneer ons gestraf word, is God steeds daar. God bly altyd by ons, gereed om in te gryp sodra ons na Hom roep om verlossing. Buig jou knieë voor die Here Jesus en loof Hom vir sy eindelose liefde – selfs as ons rebelleer.

Die Here se getroue liefde hou nooit op nie; daar is geen einde aan sy meegevoel nie. Dit is elke môre weer nuut. Sy getrouheid is oneindig groot. (Klaagliedere 3:22-23, Die Lewende Bybel)

Hy het ons verlos, nie op grond van wat ons gedoen het vir ons vryspraak nie, maar slegs op grond van sy eie ontferming. (Tit 3:5)

Bron:
’n Anker vir die siel deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.