Gedagte vir die dag: Is God in beheer?

man-with-open-arms-705x335.jpgAlmagtige God, kyk tog uit die hemel af en ontferm U weer oor hierdie wingerdstok, neem hom weer onder u sorg. Almagtige God, laat dit weer met ons goed gaan, verskyn tog tot ons redding! (Ps 80:15, 20)

As God almagtig is, kan Hy mos alles doen, en as Hy alles kan doen, moet Hy mos volkome in beheer van sake wees. Waarom is daar dan soveel ellende in die wêreld? So vra mense. En wat is die antwoord?

Ja, God is in beheer. Die probleem is dat ons baie kortsigtig oor God dink. Ons dink oor God nie veel verder as die oggendkoerant en die aand se nuusbulletin nie. Ons dink aan God binne die grense van ons beperkte bestaan en insig. As ons egter ’n groter, meer omvattende geheelbeeld kry, lyk die prentjie soveel anders. Die legkaart waarmee God besig is se naam is “van skepping tot voleinding”. En soos op enige meesterstuk is daar helder sonligkolle sowel as donker skaduwees. Ons sien vandag die donker skaduwees as ’n wanordelike gemors, en ons kla om dat dit nie aldag sonskyn is nie. Ons dink God word deur die duiwel en sy trawante aan bande gelê wanneer rampe soos Auschwitz en 9/11 plaasvind. En wat doen God? Niks?

Nee, God doen nooit niks nie. God het wel aan die mens ’n byna verstommende mag toegeken om self besluite te neem, al sou dit ook verkeerd en selfs destruktief wees. Maar God laat nooit toe dat sake buite beheer raak nie.

Miskien moet ons eerder vra hoe die wêreld sou lyk as God nie in beheer was nie. Hoe sou dit wees as Al Kaïda of Hitler ongehinderd met hulle verwoesting kon voortgaan? Hoe sou dit wees as alle Christene in die eerste eeue uitgemoor was? Hoe sou dit wees as misdaad en geweld onbeteueld kon toe neem?

Here, baie dankie dat ek weet U is in beheer van sake.

Bron:
Nogtans sal ek hoop deur Johan Smit
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

 

 

 

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

tienie degenaar ·

Ja mense dink GOD is n skakkelaar, druk die knoppie en daar is GOD. Nee jy as mens ken die bybel, net soos jy jou kinders leer. Ek het n vriend geken, hy het Kerk toe gegaan. Gedink sy besigheid gaan more miljoene in bring. Hy se vir ons EK KOM KERK toe maar GOD doen niks. Die Persoon het nie weer kerk toe gegaan en weer satan dinge gedoen. ( Drink, vloek, ens. ) Hy het begin dinge verloor sy gesion het daar onder gelei tot vandag toe. JY wat HOM dien houi daai skakkelaar aan, moenie afsit nie want elke mens het GOD NODIG. AMEN

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.