Gedagte vir die dag: Is God toeganklik?

God-se-gawes.jpg

Argieffoto

Jesus is naby aan die Vader en het direkte toegang tot die Vader. Daar is geen verhoudingsbreuk of sweempie van verwydering tussen Hulle nie. Ons het nie hierdie verhouding met die Vader nie weens die sonde wat ons van God skei. Jesus wil hierdie breuk oorbrug. Hy nooi ons om die versoening met God te aanvaar. Vra Jesus vandag om jou met die Vader te versoen, want Hy maak God toeganklik.

Niemand het God nog ooit gesien nie. Sy enigste Seun wat self ook God en baie na aan die Vader is, het Hom aan ons kom bekendmaak. (Johannes 1:18)

Die boodskap van versoening bestaan daarin dat God deur Christus die wêreld met Homself versoen het en nie die mense se oortredings teen hulle hou nie. Hierdie boodskap van die versoening het Hy aan ons opgedra om te gaan verkondig. (2 Korintiërs 5:19)

Bron:
’n Anker vir die siel deur Riekert Botha
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Rina van der merwe ·

Dit is kosbaar en sal graag. Elke dag meer wil weet

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.