Gedagte vir die dag:  Ís Jesus regtig Seun van God?

see_rotse_kaap_stiltetyd.jpg

Foto: Suné van Heerden

Jesus sê toe: “Kyk, Ek kom gou!” (Openbaring 22:7a)

Was Jesus regtig God se Seun? Dit is ’n vraag wat miljoene al gevra het. Steeds vra. Die Woord bevestig dit op soveel plekke, maar kom ons kyk vandag net na drie Skrifgedeeltes:

  • Ná Jesus se doop het Hy dadelik uit die water geklim. Net daar gaan die hemel toe vir Hom oop, en Hy sien hoe die Gees van God soos ’n duif op Hom afdaal. Daar kom toe ’n stem uit die hemel wat sê: “Hý is my geliefde Seun. ’n Kind so na my hart.” (Matt. 3:16-17)
  • Op ’n dag neem Jesus drie van sy dissipels teen ’n hoë berg op en lees ons: En daar, terwyl hulle na Jesus kyk, het sy voorkoms verander. Sy gesig het begin straal, soos die son. Sy klere het skitterwit geword. (Matt. 17:2)
  • Die grootste bewys dat Jesus regtig Seun van God is, lê in die feit dat Hy uit die dood opgestaan het: En toe, meteens, daar staan Jesus voor die vroue en Hy sê: “Goeie dag, almal!” (Matt. 28:9)

Die oortuiging dat Jesus werklik God is, bly – ondanks die historiese gebeure – ’n persoonlike geloofservaring. Glo jy dit?

Seun van God, dankie dat U werklik hier was. Ín my leef. En wéér kom!

Bron: Krag vir elke dag deur Milanie Vosloo
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Yvonne ·

Dankie Here U Woord getuig dit….U is nie n mens dat U kan lieg nie….Amen

piet ·

Hang af of jy ‘n Christen is en selfs dan is daar sekere groepe van Christene wat dit dalk nie glo nie. Ons weet dat die drie-enige (trinity) gedagte eintlik ontstaan het tydens ‘n splitsing van die vroegste Christene en daarvan momentum opgetel het en die gewildste siening geword het (dit was eintlik ‘n wegbreekgroep van die oorspronklike groep Christene soos ek dit verstaan en bestudeer het). Die hele geskiedenis van Christendom is interessant en die moeite werd om bestudeer te word.

Boekwurm ·

Ja Piet, jy is reg, Christendom het momentum opgetel na die dood van Jesus en dit is wanneer die Grieke se sienings wat baie gewild was , gemeng het met Jesus se sienings. Alle godsdienste verskil oor wat God is en oor die morele beginsels oor God. Almal verskillend en geen ooreenkoms.

Wat Wou ·

Op n besoek aan n senior paartjie, nou die dag, vra die Tannie vir my,” Jy is so oortuig van God se bestaan… Se vir my waar kom hy vandaan, wie was Sy ma en pa?” Wat glo ons, hoe glo ons, Die Bybel se, niemand het God nog ooit gesien, en bly lewe het nie? Help!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.