Gedagte vir die dag: Is jy dankbaar?

manEfesiërs 5:20 –  “Dank God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus.”

As jy terugdink oor die afgelope jaar, watter gebede van jou is beantwoord? Waar het jy deurbrake beleef? In jou finansies? Is jou huwelik herstel? Is jy eindelik swanger? Is jy genees van ’n siekte? Of het jy dalk na ’n lang soektog eindelik werk gekry? Het jy God spesifiek daarvoor bedank of het jy soos die nege mans blindelings met jou lewe voortgegaan nadat jy jou wonderwerk beleef het?

Wanneer ons met ’n dankbaarheidsingesteldheid begin leef, word dit makliker om Efesiërs 5:20 se woorde uit te leef. Ons sal God dank in die goeie, maar ook die stormagtige tye in ons lewens met die wete dat Hy steeds in beheer bly. Hy ken die toekoms en kan ook vir ons daardie draaipunt oomblik, ’n hersteloomblik en ’n oomblik van hernude hoop in ’n oogwink kom bewerkstellig.

Kom ons bly dus dankbaar en hou aan om Hom te dank sodat ons ook soos daardie een man, die Samaritaan wat na Jesus teruggedraai het, kan hoor hoe Hy sê: “Jou geloof het jou gered.” Sterkte.

Gebed: Vader God, baie dankie dat ek kan weet dat U elke gebed van my hoor en op die regte tyd en manier beantwoord. Vergewe my dat ek ook soms soos die nege mans in bogenoemde storie blindelings met my lewe voortgaan en vergeet om U te bedank vir my deurbrake wat ek weet net U kan bewerkstellig. Help my om nuut dankbaar te wees. Ek vra dit in die Naam van Jesus Christus. Amen.

Bron: Bybelgenootskap van Suid-Afrika,Vers-‘n-dag

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.